Fasttrack modem with Elster A1700

Avatar

sdg.marinusvz
2013-04-20 10:26

Ek het 'n Elster A1700 en Fasttrack modem.
Het julle dalk 'n setup manual om 'n Fasttrack modem te "configure" sodat hy na Pnp scada kan stuur?

Avatar

sdg.marinusvz
2013-04-20 10:27

Nee, ongelukkig nie. Die Fasttrack modem soos ek onthou is 'n OpenAT modem, nie waar nie? So jy het 'n OpenAT programmetjie op die modem nodig wat aan PNPSCADA konnekteer.
Die Maestro modem is ook 'n OpenAT modem, en jy kan hom koop met 'n pre-loaded programmetjie met die naam Smart Pack (SmartPack); wat dan ook die AT command set op die modem uitbrei. Ons het wel instruksies in die manual en op die web site hoe om hom op te stel om aan PNPSCADA te konnekteer.
As jy 'n ander programmetjie het wat dit kan doen, is die instruksies redelik eenvoudig: jy moet hom kan opstel om aan 'n sekere IP en PORT te konnekteer, en dan daardie TCP/IP kanaal te oorbrug na die serie poort. Redelik belangrik is dat hy gedurig moet 'retry', en as die konneksie verlore raak of 'stale', dan moet hy self diskonnekteer en weer konnekteer.
In so 'n geval soos bg., met jou eie programmetjie, dan konfigureer jy hom net op PNPSCADA as 'n Generic Active GPRS Modem ('either' die normale een, of die 'Always connected' een); en dit behoort te werk.

Please log in to post a comment